Nuwe Lewe Gesinskerk

Glo in God se Woord en Gees

NLGK is ‘n groeiende gemeenskap wat Christus die eerste plek bied, met liefde uitreik, en blywende vervulling geniet. Hier is jy net een keer ‘n vriend, daarna ‘n familielid. Familie is ons PASSIE!!

Ons streef deur ons bediening, evangelisasie, en dissipelskap om mense op ‘n praktiese manier te help om doelgerigte volgelinge van Christus te wees. Ons doel is nie net om dissipels te maak nie, maar om dissipelmakers op te rig, om sodoende meer mense vir Jesus te bereik.

Ons glo dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het en dat Hy waarlik opgestaan het uit die dood en Sy liggaam weer opgeneem het, tesame met alles wat toebehoort tot die volmaaktheid van die menslike natuur, waarmee Hy opgevaar het in die hemel en dat Hy daar besig is om vir ons in te tree.

Mees Onlangse Boodskappe

February 23, 2026

22 Februarie – Ds. André Donaldson

February 23, 2026

15 Februarie – Ds. André Donaldson

February 23, 2026

08 Februarie – Ds. André Donaldson